Saturday, July 29, 2017

Aanvanklike Brief


n Brief wat in 1971 in Padlangs en Die Transvaler verskyn het.
Deur Willem van Heerden

Daar is praktiese positiewe optrede in aparte ontwikkeling waarvan ek in die
jongste tyd steeds meer bewus geword het. Dit is dat ons ‘n blanke kern gebied vir
blank Suid-Afrika benodig waarin geen Kleurling, Bantoe of Indiër mag woon of
werk nie.

Soos sake nou staan kry almal ‘n tuisland (bedoelende eintlik: gebied) waar slegs
hulle mag woon en werk en ons blankes het nie een nie! In geen gebied van ons
land is die blanke kind se omgewing dus gunstig vir opvoeding in ‘n gees van
selfwerksaamheid nie. Ons kan nêrens die privaatheid van ‘n eie gemeenskap
smaak sonder om bewus te wees van die ander mense wat ons kinders oppas of
wat in ons strate rondkuier nie.

As ander bevolkingsgroepe met groot koste gevestig word, is dit goed en reg so.
Maar dan moet die geleenthede ook van owerheidsweë geskep word vir blankes
wat ‘n blanke kern gebied wil bewoon. Onwillige persone kan deur uit koping
verwyder word sodat gewillige persone hulle daar kan vestig.

Ons sukkel in baie gevalle om verstedelikte Bantoes gevestig te kry, want die
kundigheid, kapitaalkrag en nasietrots ontbreek. Laasgenoemde faktore is in ‘n
sekere mate by ons eie mense teenwoordig en dit behoort dus vir ons makliker te
wees om ons as ‘n groep blankes êrens te vestig.

So ‘n blanke kern gebied, as hart en konsolidasie punt vir die blankes, sal ‘n goeie
vesting en suurdeeg kol vir aparte ontwikkeling wees. Dit lyk vir my ook steeds
meer na ‘n noodsaaklike vereiste vir ons toekoms as aparte volk.

In hierdie kern gebied, wat uit duisende vierkante kilometers moet bestaan, kan
diegene dan woon wat nou al verkies om in ‘n aparte “land” te woon. Hier kan
hulle self werk en bou aan ‘n nuwe leefwyse vir die Afrikaner van die toekoms, ‘n
volk wat homself wil bly en wat selfonderhoudend wil wees, al is dit dan
aanvanklik net in die kern gebied.

Soos wat die moderne Israel vir hulle ‘n tuiste ontworstel het, kan ons dit ook
steeds in die huidige omstandighede doen. Soos wat Israel ‘n saambindende
faktor vir die Jode oor die hele wêreld is, en ‘n simbool van ‘n eie tuiste wat hulle
reeds het, kan ons kern gebied dit vir ons volk ook wees. Baie van die huidige
wrywingspunte sal dan minder belangrik wees.

Ons voorouers het weggetrek na nuwe tuistes en ons moet ook ‘n nuwe trek begin.
Vir baie sal dit net ‘n trek in die gees wees terwyl hulle ons huidige
lewenspatroon in die hele blanke Suid-Afrika verder uitbou. Vir ander sal dit ‘n
werklike fisiese trek wees na ‘n blanke kern gebied. Hulle sal weer dáár bou om
‘n dinamiese, kragtige, selfonderhoudende gebied tot stand te bring.

Die tyd raak min! Ons behoort die basis van so ‘n gebied al binne vyf jaar te hê.
Ons wil nou êrens begin!

No comments:

Post a Comment

Sommige mense se houding op Morgenzon

Dit lyk vir my dat liberaliste glad nie ’n begrip het van die denke en houding van ’n groot stroom konserwatiewe Afrikaners nie. Ek sien d...