Saturday, July 29, 2017

Aanvanklike Artikel oor Afrikaner Gebied

Vooraf inligting

Hierdie is 'n artikel wat in 1974 geskryf is, wat aan alle koerante aangebied is, en wat net in
die "Afrikaner" koerant gepubliseer is. Hieruit het Willem van Heerden, wat die Artikel geskryf het, se groeipunt gedagte gekom, wat gelei het tot die stigting van die vereniging van "Oranjewerkers" en tot die stigting van hul groeipunt op Morgenzon in 1984. ‘n Aparte stroom binne die Oranjewerkers het in 1991 ‘n groeipunt by Orania begin en omtrent dieselfde tyd weer ander by Kleinfontein.

Aparte ontwikkeling uit ‘n nuwe hoek beskou (1974)

Huidige stand van aparte ontwikkeling.

Daar is min denkende mense wat nie bekommerd is oor die huidige verloop van sake nie.
Daar is wel mooi tekens van ontwikkeling van nywerhede in die tuislande en van praktiese
pogings om die tuisland ontwikkeling te versnel, maar dan is daar weer baie gevaartekens.
Die toenemende druk om kontak tussen wit en swart te bewerkstellig, vervaag skeidslyne. As
in 10 jaar soveel verandering kan plaasvind, wat sal nie binne die volgende 25 jaar gebeur
nie?

In die arbeidsveld is daar so ‘n skreiende tekort aan blankes dat swartes noodwendig blanke
werk velde betree—in so ‘n mate dat sommige velde reeds deur swartes oorheers word.
Permanente verblyf van swartes tussen ons bly onaanvaarbaar vir die teorie van aparte
ontwikkeling, want hulle beland maklik in die strome wat na integrasie vloei. Hulle word in
die praktyk skynbaar vasgehou deur die sterk ekonomiese stroom wat swartes steeds in hoër
vakante poste wil insuig.

Daar word gepoog om teorie en praktyk bymekaar uit te bring deur talle swartes in blank
Suid-Afrika as tydelik te klassifiseer, maar die toenemende getalle swartes in sommige stede
neig om die teendeel te bewys.

Oor die kleurling probleem is daar nog nie finaliteit nie. Intussen word kleurling groeipunte
oor die hele land gevestig. Selfs Bloemfontein kry een—Bloemfontein in die Vrystaat, waar
ons voorouers nie Indiërs toegelaat het nie, kry nou kleurlinge! Die amper finaliteit van die
agteruitgang waarin sodoende beweeg word, laat ‘n mens se hare rys.

Die uiteinde van die huidige tendens

Meer kontak op alle vlakke; meer politieke regte aan die stads bantoe; parallelle ontwikkeling
vir die kleurling; en groter werk integrasie is almal malende strome wat in dieselfde rigting
vloei. Dit lei na integrasie.

“Parallelle ontwikkeling” vir die kleurlinge wat as permanent gesien word, kan onmoontlik
permanent bly. Vir die een groep is dit die eerste stap na integrasie, en vir die tuislanders is
dit ‘n tydelike kompromie. Daar is net twee moontlikhede: ‘n kleurling tuisland(e) of
integrasie. Die kleurling groeipunte wat tans oor die hele land gevestig word, begunstig
integrasie.

Hierteenoor is alle aanduidings dat aparte ontwikkeling tot sy logiese uiteinde binne die swart
tuislande gevoer sal word, naamlik die vestiging van slegs swartes oor die grootste deel van
hul land en uiteindelik onafhanklikheid.
Samevattend kan die uiteinde van die huidige tendens soos volg gestel word: swart
onafhanklike state en ‘n vloeibare toestand daaromheen waar ons skynbaar afstuur op die
onoorkomelike probleme wat met integrasie gepaard gaan.

Die publiek se houding

Te midde van die baie gevaartekens om en aan ons, verraai die handelinge van individue,
organisasies en studente hul koersloosheid.

Vroeër het stadsrade, belasting betaler verenigings, kerkrade en ander groepe besluit dat
blanke woonbuurte blank by nag moet word. Die buurte wou nie blank word nie. Nou stel die
stadsrade parke oop vir swartes en maak stil-stil reg vir kleurling groeipunte. Sommige
gemeentes stel ook nou kerksale oop vir swartes.

Daar was tye toe mense dit as ‘n uitdaging gesien het om hul eie werk te doen. Hulle het
geglo dat hulle daardeur ‘n bydrae tot die ontplooiing van aparte ontwikkeling lewer. Dié tye
is verby. Vandag probeer hulle gelate om by omstandighede aan te pas en voel ongemaklik as
hul nie die kloutjie by die oortjie kan bring nie.

Jongmense kan sake nie so gelate aanvaar nie en soek na uitdagings. Hulle vind uitdagings in
die stel van uitdagende standpunte oor verhoudings tussen wit en swart.
Geleerdes uit stoere Afrikaner vestings doen ook mee. Een se glad dat swart en wit maar met
mekaar kan trou.

Redes vir trae vordering

Waarom die trae onbesielde vordering—of agteruitgang—met apaarte ontwikkeling? Dit lyk
asof mense hul idealisme verloor het. Die wil en die moed om persoonlik betrokke te raak,
ontbreek. As die gees so swak is, hoe kan die vlees dan iets uitrig?

Hoekom het mense nie die wil om betrokke te raak nie? Daar is twee hoofredes voor. Die
eerste is dat ‘n mens in teorie nou teen ‘n muur begin vas dink, want die teorie klop net nie
meer met die praktyk nie. Nêrens is daar eers ‘n agterdeur oop waar jou gedagte kan uitglip
en in die verbeelding ‘n ideale toestand vertroetel nie. Hoe kan ‘n mens dan werk om die
huidige mikpunte in die praktyk te verwesenlik, as dit nie eers in jou drome ‘n oplossing bied
nie?

Die tweede rede is dat die mense geestelik totaal onvoorbereid is. Hulle het nog nooit gaan sit
en die koste van aparte ontwikkeling bereken nie; hulle is nog nooit opgelei en voorberei vir
die stryd nie; hulle is nooit persoonlik gekonfronteer met die uitdaging om op te offer want
anders sal die beleid misluk nie.

Daar is wel al sommige wat vroeër iets daadwerkliks wou bydra deur hul eie werk te doen.
Vandag is die meeste van hulle ontnugter. Hulle het gesien dat individuele selfwerksaamheid
in ‘n see van andersheid, ‘n vermorsing van energie is sover dit aparte ontwikkeling aangaan.
Die pogings word verswelg deur die teenoorgestelde gedrag van andere in die omgewing en
apartheid vir die land het geen tree gevorder nie.

Die handelinge van sulke aktiewe deelnemers is dus nooit beplan en gekoördineer om ‘n
betekenisvolle bydrae te lewer nie. Hulle pogings is gebruik soos wat ‘n leër sy soldate sou
gebruik as hulle een vir een gestuur sou word om die vyand te beveg. Dit gee ‘n een man
sterkte in plaas van die sterkte van die volle mag.

Vereistes vir vordering

Wanneer ‘n mens oor die voorafgaande punte besin, dan lyk dit asof daar baie strome is wat
gekeer moet word. Maar eintlik is ‘n mens magteloos om sommige daarvan te keer. Die keer
proses is geen gewone geveg waar ‘n mens net ‘n geweer kan opneem nie. Dit is ‘n stryd wat
bemoeilik word deur getalle, ekonomiese oorwegings en ‘n mens se respek vir die swartman
as mens met sy basiese behoeftes.

Die oplossing van die probleem lê dus beslis nie in “hier-bietjie-keer” of “daar-bietjietoegee”
nie; dit lê in iets groots; dit lê in iets wat die verbeelding kan aangryp en wat die
groot strome in die regte rigting kan stuur. Bykomende vereistes is soos volg:

  • Die mikpunte moet ‘n absolute permanente oplossing bied, al is dit aanvanklik net in‘n deel van ons land
  • Die opofferinge van vrywillige blankes moet gekoördineer en saamgesnoer word, datdit wat bereik is nie weer wegsink tot niks nie
  • Dit moet prakties uitvoerbaar wees

Beleid wat sal besiel

‘n Beleid wat aan voorgaande vereistes voldoen is absolute skeiding. Die blankes doen hulle
werk in hulle gebiede, en die swartes weer hulle s’n. Daar bestaan alreeds ‘n mate van
absolute skeiding, want groot gedeeltes van swart gebiede is suiwer van blankes. Al wat
oorbly, is om ook groot dele van blank Suid-Afrika te suiwer van swartes. Hoe groter die
gebiede is wat suiwer is, hoe groter is die gebiede waar ‘n permanente oplossing bestaan.
Die beleid is dus ‘n steekhoudende deurvoering van aparte ontwikkeling in blanke gebiede
soos wat in swart gebiede gedoen word. Dat dit ook prakties is, word hieronder behandel.

Praktiese metodes

Dit is onprakties om blank Suid-Afrika dadelik in sy geheel te suiwer. Die enigste metode is
om by ‘n punt of punte te begin en om dié dele dan uit te brei.

By watter punt sal ‘n mens begin?
Hoe gaan ‘n mens die boere in die Pietersburg-distrik, byvoorbeeld, oortuig dat hulle gebied
moet skoon kom. Of, hoe gaan sê ‘n politieke party aan die inwoners van Bloemfontein dat
Bloemfontein vanaf 1980 geen swartes moet hê nie? Daardie blankes sal, eerstens, nooit
inwillig tot so ‘n stap nie, en tweedens weet ‘n mens nie wat om met die swartes te maak nie.

By die praktiese suiweringsproses stuit ‘n mens dus voor die volgende probleme:

  • Hoe word ‘n groep blankes in ‘n gebied gemotiveer om saam te werk?
  • Waarheen sal die swartes wat geskuiwe word gaan?
  • As die aanvanklike gebied of gebiede te klein is, is die moontlikheid nie daar dat ditmaar klein sal bly en vir die land as geheel geen verskil sal maak nie?

Motivering van blankes om saam te werk

‘n Geleidelike suiweringsproses wat byvoorbeeld deur manipulasie van werkreservering
verkry kan word, sal help, maar dit sal nooit die knoop deurhaak nie. Dit bied geen uitdaging
of inspirasie nie, en sal dus niemand motiveer nie.

Uit dure ondervinding weet ‘n mens ook dat klein verstellings aan werkreservering soos met
die omswaai van ‘n hand verander kan word. Hulle weet dat bure wat nie saamwerk nie altyd
metodes vind om regulasies te omseil. Daar bly dus slegs een metode oor, en dit is om
heeltemal suiwer te begin.

‘n Heeltemal suiwer begin sal so ‘n groot, algehele nuwe rigting vir die blankes wees dat dit
nie maklik weer tot niet gemaak sal kan word nie. Die uitdaging en permanentheid van die
pad sal genoeg persone inspireer om saam te werk.

Maar pioniers sal nooit aanvanklik in een gebied saam gevind word nie. Dit is onwaarskynlik
dat meer as 10% van die blankes in ‘n gekose gebied aan die begin sal wil saamwerk. Die
onwilliges se plekke sal dus uitgekoop moet word. Uit die aard van die saak sal die
aanvanklike gebied dan klein moet wees, en ook nie baie dig bewoon nie.

Die persone wat soontoe gaan sal idealiste wees wat van oor die hele land saamgetrek word.
Daar is van hulle wat in die verlede al pogings aangewend het om aparte ontwikkeling te
bevorder. Ander het weer reeds vir jare in sirkels gedink en is nou ryp om vir so ‘n
geleentheid te spring. Die kragte van al hierdie mense moet nou saamgesnoer word.

Die basiese beginsel van motivering van blankes om in ‘n gebied saam te werk is dus om
heeltemal suiwer te begin; om eers die ys te breek deur gewillige blankes van oor die hele
land saam te trek; en om in ‘n onontginde deel te begin sodat die verskuiwing—en dus die
besware—tot ‘n minimum beperk sal wees.

Waar gaan die swartes heen?

Swartes kan weggetrek word deur elders vir hulle werkgeleenthede te skep, soos wat tans in
grensgebiede of tuislande gedoen word.

‘n Manipulasie van die werk reserveringsbeleid kan ook baie bydra. Absolute
werkreservering vir blankes word aan blankes verskaf by die beginpunt van “land suiwering.”
In gebiede waar uitbreiding verwag word, word ook streng werkreservering toegepas.
Hierteenoor word werkreservering in sekere ander gebiede weer verder verslap.
Die gebiede waar werkreservering verslap word, moet gebiede wees wat die moeilikste blank
sou word. Hier sal ook die meeste werkgeleenthede vir swartes verkry kan word. Die
Witwatersrandse nywerheid kompleks, Durban en Kaapstad is logiese punte om
werkreservering te verslap.

Is klein begin die moeite werd?

“Klein begin” sal beslis die moeite werd wees. So ‘n geslaagde begin sal ‘n baie groot
geestelike krag ontketen, dit sal die ys breek, dit sal die blanke van Afrika se “4-minute-myl”
wees.
Die gedagte van land suiwering sal sneeubal wanneer die land besef dat ‘n groep blankes
êrens daarmee begin het—en dat dit geslaag het.

Dan sal die land sien dat swart arbeid nie noodwendig goedkoop is nie en dat moderne
meganisasie metodes dit vir ‘n mens moontlik maak om redelik gerieflik sonder ongeskoolde
werkkragte klaar te kom.

Nuwe horisonne sal vir die blankes oopgaan, die muur waarteen hulle vas gedink het is weg,
daar het ‘n agterdeur oopgegaan waardeur hulle gedagtes kan uitglip om drome te droom. En
wie gaan ons keer as ons eers weer drome droom?

Geestelike kragte is groter as ekonomiese kragte. Die suiwering sal dus baie vinnig voortgesit
word.

Praktiese nut van eerste gesuiwerde dele (groeipunte)

Buiten die funksie van geestelike motivering sal die eerste groeipunt(e) ook dadelik praktiese
nut hê. Dit bied ‘n plek vir blankes om heen te gaan wanneer hulle deur die verslapping van
werkreservering uitgedruk voel. Daar sal nou ook plek wees vir die blanke straatveër.

Dit bied ‘n geleentheid en plek aan persone wat graag daadwerklik met aparte ontwikkeling
wil help. In plaas daarvan dat hul individuele pogings oor die hele land versprei is, word dit
hier saamgesnoer.

Die produkte van gevorderde, georganiseerde nywerhede wat hier gevestig word, behoort ‘n
groot leemte te vul.

Die groeipunte kan die middelpunte vorm van akademiese en militêre bedrywighede.
Opleidingsentra met koshuise kan eksklusiewe opleiding verskaf. Die opleidingsentra, tesame
met navorsing sentra, behoort ‘n akademiese atmosfeer te skep waar akademiese kongresse
graag gehou sal wil word. Kortom behoort die gebied tot die hart van blank Suid-Afrika te
ontwikkel.

Die beginpunt

Die Hendrik Verwoerd dam lyk an die ideale beginpunt . . .

Deur dr Willem van Heerden.

NS. Ek het aanvanklik hierdie gebied gekies, soos elke beginner seker ook sal dink. Maar nadat ek navorsing gedoen het, het ek besef dat hierdie gebied nie prakties in n Afrikanerland sal kan ontwikkel nie. Hoofsaaklik is die probleem dat dit ver van grondstowwe en die mark is, en dat meeste nywerhede nie hier kompeterend bemark sal kan word nie. 

No comments:

Post a Comment

Sommige mense se houding op Morgenzon

Dit lyk vir my dat liberaliste glad nie ’n begrip het van die denke en houding van ’n groot stroom konserwatiewe Afrikaners nie. Ek sien d...