Tuesday, March 20, 2018

Sommige mense se houding op Morgenzon


Dit lyk vir my dat liberaliste glad nie ’n begrip het van die denke en houding van ’n groot stroom konserwatiewe Afrikaners nie. Ek sien dit in die koerante waar ek briewe geskryf het en het dit  ook op Morgenzon ervaar. In dié verband wil ek sê wat op Mogenzon gebeur het, wat toon dat die konserwatiewe Afrikaner wat vir sy eie volk stry, nie oor die algemeen deur swartes as hatig teenoor hulle gesien word nie.

Eers, wat twee mede-Afrikaners op Morgenzon gesê het: met ons poging om ’n groeipunt daar te vestig, het iemand beswaar gemaak toe een van ons as ouderling gekies is, seker omdat ons swartes haat. Gelukkig is die beswaar nie gehandhaaf nie, maar die episode het getoon hoe heelwat mense ons aksie nie verstaan het nie. Later, ook, toe die nuwe bedeling op ons begin afstorm het, het iemand glo vir sy swart werkers gesê: “Onthou net, ek is nie ’n Oranjewerker nie.”

Nou die swartes se reaksie, toe later ’n munisipale verkiesing gehou is, deur die gemeenskap, wit en swart. Ek, Willem van Heerden, Oranjewerker, is toe ook gekies (my doel was om net te probeer dat ons nie in ons eie dorp oorstroom sal word nie, wat wel  toe nie gebeur het nie). Later het hulle my ook op die bestuurskomitee  gekies (enigste blanke). Toe ons aanvanklik in ’n volle raadsvergadering sit, baie swart lede en net sowat drie blankes, was dit vir ons ongewoon. Eenkant het ’n ryk blanke man ietwat ongemaklik gesit waar hy saam met sy swart teemaker-vrou so skuins langs hom was. En daar sit ek, met groter ‘status,’ die Oranjewerker, op die bestuurskomitee van die Raad!

No comments:

Post a Comment

Sommige mense se houding op Morgenzon

Dit lyk vir my dat liberaliste glad nie ’n begrip het van die denke en houding van ’n groot stroom konserwatiewe Afrikaners nie. Ek sien d...